STOP DIE AANSLAG OP AFRIKAANS, AFRIKAANSE SKOLE EN AFRIKAANSE KINDERS!

Indien die beplande Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys aanvaar word, verloor gemeenskappe seggenskap oor Afrikaanse skole se taalbeleid, toelatingsbeleid, bestuur en finansiële besluite en vele ander sake waaroor gemeenskappe self moet kan besluit. Ons kinders en uitnemende Afrikaanse skole se toekoms is op die spel.

Neem standpunt in teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (Engels: BELA). Beskerm gehalte- Afrikaanse onderwys en ons kinders se toekoms en neem deel aan die openbare verhore!

Oos-Kaap

MthathaVrydag 9 Junie 2023
(14:00-18:00)
Mthatha Town Hall, Mthatha
Queenstown Saterdag 10 Junie 2023
(12:00 – 16:00)
Thobi Kula Indoor Sports Centre, Queenstown
GqeberhaSondag 11 Junie 2023
(12:00-16:00)
Nangoza Jebe Hall, New Brighton

Sewe redes waarom jy die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (Engels: BELA) moet teenstaan:

  1. Finale besluite wat tans deur skoolbeheerliggame geneem word, sal volgens dié wetsontwerp voortaan deur provinsiale onderwyshoofde geneem word. Só eien die staat hom al meer mag toe. AfriForum is teen die sentralisering van mag in die staat se hande gekant.
  2. Provinsiale onderwyshoofde sal finale gesag hê om oor ’n skool se taalbeleid te besluit en dié beleid sal die “breër gemeenskap” moet dien (artikel 6 van die wetsontwerp). Dit sal die einde vir Afrikaanse skole beteken.
  3. Gemeenskappe sal seggenskap oor toelatingsvereistes by openbare skole verloor (artikel 5), wat voller klasse en dus onderrig van swakker gehalte kan beteken.
  4. Provinsiale onderwyshoofde sal die mag hê om skole te laat saamsmelt, hulle beheerliggame en bates te kombineer en die nuwe naam en adres van die saamgesmelte skool te bepaal (artikel 13).
  5. Bepalings in die wetsontwerp bots met die Grondwet, bestaande wetgewing en uitsprake van die Konstitusionele Hof. As die wetsontwerp aanvaar en in werking gestel word, gaan hofsake daarteen onvermydelik wees, wat belastingbetalers se swaarverdiende geld verder gaan insluk.
  6. Gemeenskappe moet self oor hulle skole se taalbeleid, etos, begrotings en toelatings kan besluit.
  7. Almal in die land het ’n belang by onderwys.

Soortgelyke plasings